
Die SA Boerbok, die SA Savanna en die SA
Kalahari Red, is suiwer inheems aan Afrika,
veredel in Suid-Afrika, vir Afrika en die węreld
in geheel. Hierdie drie spesies onder die
oorhoofse naam van “SA Boerbok”, is veredel,
verder ontwikkel en vervolmaak in Suid-Afrika
deur telers oor die afgelope 47 jaar. Hierdie
Telers het oor ‘n fenominale teel vernuf beskik
en hoewel meestal nie opgeleide genetici nie,
met onderskeiding daarin geslaag om tog die
korrekte genetiese beginsels toe te pas.
Die SA Boerboktelersvereniging is op 4 Julie
1959 gestig, die SA Savanna Boktelersgenootskap
is op 21 November 1993 gestig en die SA Kalahari
Red het rasstatus ontvang in 1998. |